“Survivors” bederf

Leoni Kruger
LEPHALALE — KANSA Lephalale het Dinsdag 20 Junie ‘n oggendtee gehou vir mense in Lephalale wat kanker oorleef het.
Nancy van Staden, KANSA Lephalale gemeenskapsmobiliseerder, sê nege “survivors” het die geleentheid bygewoon en almal se bede was by diegene wat dit nié kon bywoon nie, asook die geliefdes van die kankerlyers wat nie meer hier is nie.
Die “survivors” was bederf met ‘n geskenk vir elkeen sowel as sop en vetkoek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.