Swart Vrydag — daar is gekóóp

LEPHALALE — Swart Vrydag in Lephalale. Die winkels was Vrydag 29 November ’n miernes van mense met trollies, sakke en groot bokse. Gretige kopers het mekaar uit die pad gestamp om die laaste spesiale aanbieding op te raap.

Mogol Pos het vroeg reeds die winkels ingevaar om te sien watter items gewilde verkopers was. Gaskoeldrank was vir seker ’n wenner. Trollies wat kreun onder die bottels gaskoeldrank is by die deure uitgestoot.

Winkels soos Game, Checkers en Pick n Pay kon nie voorbly om items op die rakke aan te vul soos dit uitverkoop het nie.

Game se deure het reeds om middernag geopen en volgens inligting moes die rakke Vrydag vroegoggend reeds aangevul word.

Daar is op Swart Vrydag 5 376 transaksies gedoen by Pick n Pay in Lephalale Square.

Het iemand iets gesê van ’n ekonomiese insinking in Lephalale?

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.