Swartrenoster afgemaai

Leoni Kruger
MARKEN — Die karkas van ‘n swartrenosterkoei is verlede Vrydag 11 Maart op ‘n plaas in die Marken-omgewing gekry. Onthoring.
Volgens adjudant-offisier Jurg van Heerden van die Limpopo Renoster-taakspan, het patrollielede op die karkas van die renoster, wat met ‘n .458 geweer geskiet is, afgekom. A.o. Van Heerden sê sy is met een skoot gedood.
Volgens a.o. Van Heerden was sy ook volgens alle aanduidings ver dragtig toe sy geskiet is. Haar kalf was teen druktyd steeds soek en daar word aanvaar dat dié net in ‘n rigting gehardloop het na die trauma van die insident.
“Daar is absoluut geen leidrade in verband met hierdie voorval nie, die reën het alle spore doodgevee. So ook die spore van die kalf” sê a.o. Van Heerden.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.