Swiegers en skilders bekoor

LEPHALALE — Wat die oog sien en die oor hoor raak die hart aan. Die Nederduitsch Hervormde Kerk Ebenhaeser se sustersvereniging het Vrydagaand hul jaarlikse kaas-en-wyngeleentheid aangebied. Skilderye van verskeie plaaslike kunstenaars is uitgestal en dat hier fantastiese talent in die dorp is, is nie te betwyfel nie.

Dr Piet Goosen by die skildery wat hy van wyle Shorty Pontes gemaak het.
Saam met hom is Shorty se lewensmaat, Juli

Daar word elke jaar ʼn Skilder van die Jaar aangewys en vanjaar het die toekenning gegaan aan dr Pieter Goosen.

Andre Swiegers het bekoor met hartsmusiek

André Swiegers, bekroonde liedjieskrywer en sanger, het as musiekkunstenaar opgetree. Hy het sy loopbaandeurbraak in 1990 gemaak toe Laurika Rauch sy liedjie Blou sing en dit blitsvinnig trefferstatus bereik het. Hy het gaste vermaak met sy liedjies Eva, Jammer om te hoor en vele meer uit sy pen, asook musiek van ander bekende kunstenaars met meesterlike kitaarspel.

Gaste het gesellig verkeer, skilderye bewonder en heerlik gekuier rondom die skone kunste.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.