Taalliefhebbers kry taalkos

LEPHALALE — Bekende skrywer van rubrieke, kortverhale, romans en artikels, lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en taalkommissie en taaladviseur by Viva (Virtuele Instituut vir Afrikaans), het Vrydag 25 Augustus ʼn taalwerkwinkel by Machauka Lodge aangebied.
Vyftien taalliefhebbers het dit bygewoon waar onder ʼn mediese dokter, ʼn predikant, ʼn skrywer en dosent en verslaggewers.
Die nuwe AWS (Afrikaanse woordelys en spelreëls) is bespreek – vanjaar se uitgawe verskyn presies 100 jaar na die eerste publikasie van die Afrikaanse woordelijs en spelreëls van 1917.
Die eerste AWS van 1917 het 48 reëls en nagenoeg
7 500 inskrywings in die woordelys gehad, die 2009-uitgawe het 355 reëls en 31 750 inskrywings in die woordelys gehad en vanjaar se uitgawe, die elfde omvattende herbewerkte uitgawe, het 155 meer bladsye as die vorige een en daar is 457 reëls opgeneem en 34 077 inskrywings in die woordelys.
Registreer by www.viva-afrikaans.org om toegang te kry tot VivA-kontakbesonderhede en kyk wattter produkte is vir die publiek en skole beskikbaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.