Tak Manketti maak boompraatjies maklik

LEPHALALE — Die Dendrologiese vereniging se Tak Manketti reël gratis en verniet uitstappies vir boomliefhebbers en mense met ʼn liefde vir die Suid-Afrikaanse erfenis.

Lus vir boompraatjies onder ʼn reuse kameeldoringboom? Lus om ʼn skoot met ʼn voorlaaier te skiet?

Gaan geniet Weltevreden se boomskatte saam met kenners wat die leiding neem en belangstellendes met graagte touwys maak.

Ontmoet ook die Ossewajagters as toegif. Pure kultuur en tradisie. Die manne herleef ʼn spesifieke era uit die 1800’s. Soveel so dat niks uit die moderne wêreld in die kamp opgemerk kan word nie. Voorwaar ʼn verrykende ondervinding.

Besoek gerus die Dendrologiese Vereniging Tak Maketti se Facebook-blad vir foto’s en nuus oor vorige uitstappies.

Die uitstappie na Weltevreden (Rooiberg, Thabazimbi-distrik) word die naweek van 15, 16 en 17 Maart gehou met dr Willie Barnard as gasheer.

Skakel Gert du Plessis by 083 235 0670, Willie Barnard by 083 292 5419 of Marthie Scheepers by 083 609 0181 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.