Tak Manketti passievol oor bewaring

LEPHALALE – Arborum silvarumque conservatio salus mundi est.
 “Die bewaring van bome en woude is die redding van die wêreld” (Letterlike vertaling)
Die oorspronklike stigter van die Vereniging en Stigting was dr. Fried von Breitenbach, wat gevoel het dat die breë publiek ook meer betrokke moet raak in die kennis en bewaring van ons inheemse bome. (Bron: http://www.dendro.co.za/tuis.html)
Lede van die pasgestigte Dendrologiese vereniging in Lephalale, Tak Manketti, het Saterdag ‘n draai deur die dorp gemaak en vertoef by ‘n paar besondere bome. Kobus Roux, boomfoendi, het passievol oor ons boomerfenis gesels en toergangers toegelig met interessante feite rakende identifikasie van sekere boomsoorte.
Kobus het ook die indringers uitgewys soos bv. die plaat lantana-bome (al het dit pragtige oranje-pienk blomme) wat langs die Mogolrivier se syloop langs OR Tamborylaan groei.
Nog ‘n noemenswaardige verskynsel is die mapipi en matopi-bome (soos dit in die volksmond bekend staan) op die terrein van NG Kerk Albertyn wat lyk asof dit een boom is. Mens wonder hoeveel kerkgangers dit al opgemerk het. Alhoewel daar meningsverskille is, sê Kobus matopi-bome groei in meer sanderige grond en mapipi’s in meer harde grond.
Lephalale is ryk aan inheemse bome en dit was die uitstappie werd om te sien watter groot verskeidenheid bome in die dorp voorkom.
Hou Mogol Pos dop vir inligting rakende Tak Manketti se volgende uitstappie.

Sien foto’s op ons Facebookblad!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.