Talentvol, Tanya

Tanya van Zyl
Tanya van Zyl

Fransa de Beer
LEPHALALE — Tanya van Zyl, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Ellisras, is ‘n kunstenaar in murg en been.
Tanya het onlangs aan die FAK se Internasionale Afrikaanse Expo deelgeneem waar Afrikaanssprekende kinders van regoor die wêreld in verskillende ouderdomsgroepe kon deelneem.
Tanya het ingeskryf vir skilderkuns met die tema: 100 jaar van Afrikaanse Films. Sy het ‘n portretstudie van Al Debbo gedoen en verwerf 80%. Sy wag nog vir die finale uitslae om te bepaal watter plek sy behaal het.
Tanya het ook deelgeneem aan Hoërskool Ellisras se kunskompetisie vir hoër- en laerskole in die Waterbergdistrik. Die tema was “Play” en haar skildery se titel was “The music playing in my mind”. Hiermee het sy ‘n eerste plek verwerf.
Tanya gaan volgende jaar Grafiese Ontwerp studeer aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom.
Die Rassies is baie trots op Tanya!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.