Tekkie Tax 2019 — SAVF en KANSA daag jou uit!

LEPHALALE — Internasionale Tekkie Tax-dag is om die draai en die SAVF en KANSA in Lephalale wil die dorp “Mezzz-merize”. Wys die dorp op Vrydag 31 Mei waar jou hart lê en ondersteun hierdie inisiatief.

Instansies wat gaan baat vind by vanjaar se Tekkie Tax-dag is verskeie takke van die DBV, die SAVF, Families SA (FAMSA), Lifeline SA, verskeie kinderwelsynorganisasies, SOS Children’s Villages, Epilepsie SA, Downsindroom SA en KANSA.

Kry ʼn plakker van jou keuse en ondersteun hierdie goeie inisiatief.

Jy kan ook jou paar “Mezzz-merize” Tekkie Tax-skoenveters kry (hickies) en jy hoef nooit weer jou tekkies los of vas te maak nie. Baie koel T-hemde is ook beskikbaar.

Deur enige van dié items aan te koop, ondersteun jy bogenoemde organisasies.

Items en pryse:

Plakker – R10, afwasbare tatoes – R10, embleem – R15 en skoenveters met plakker ingesluit – R40. Die swart T-hemde in groottes 3-4 jr, 5-6, 7-8, 9-10 en 11-12 jaar is R80 met plakker ingesluit en die van XS-4XL is R100 met ʼn plakker ingesluit.

Bogenoemde items kan aangekoop word by onder andere die SAVF Maroela-oord in Lephalale by Elrina of Suretha (014 763 2990/2), dr Fuls se spreekkamer (014 763 2195), Nancy by 078 104 1718 of Riana by 082 663 5719 (beide van KANSA).

Die leuse vir Tekkie Tax 2019 is: “Be Mezzz-merized … Get Tekkie-tized”.

Dagboek 31 Mei en maak seker jy maak ʼn verskil.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.