“Tekort aan diesel help nie met verkope nie”

Gert van Biljon, eienaar van Q4, Estelle Kruger en Christine Daschner-Kruger
in hulle kantoor by Q4

LEPHALALE — Tot watter mate het die grendeltyd en die gepaardgaande heelwat minder motoriste op die pad die vulstasies in Lephalale geraak?

Volgens Christine Daschner-Kruger van die Q4-vulstasie in OR Tambo-rylaan het hulle brandstofverkope vanaf einde Maart 2020 begin daal, maar dit het sedert die begin van Junie 2020 weer begin styg.

Estelle Kruger van Q4 bevestig dat hulle verkope in April en Mei met ongeveer 40% gedaal het. Die feit dat hulle reeds die hele Juniemaand sukkel om diesel te kry, help ook nie met verkope nie.

“Ek het nooit gedink ek sal opgewonde raak oor diesel nie, maar nou is dit só – ons het die laaste weke so gesukkel om diesel in die hande te kry dat enige positiewe nuus oor diesel my nou opgewonde maak.”

Die kiosk by Q4 was Aprilmaand gesluit en het weer in Vlak 4 geopen met beperkte items wat gekoop kon word.

Die ironie van dié saak is die feit dat petrol- en dieselpryse in April geweldig gedaal het en dit terwyl Jan Alleman nêrens heen mog ry nie!

Noudat almal weer mobiel is, styg die pryse. (Sien bl 6 vir nog ‘n berig in dié verband)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.