Ter nagedagtenis aan: Evert Louw

Baie dankie aan die Lephalale Polisie, speurders, die forensiese span, Doves (Jacomie en Oupa), Monster Sekuriteit; Derick Kitching, Stephen, Lizell en almal wat betrokke was en ons ondersteun het met Evert Louw se dood. Dankie vir julle simpatie, empatie en die wyse waarop julle die aangeleentheid hanteer het.

Baie dankie ook aan Mahwelereng Lykshuis en personeel vir hulle flink en professionele diens.  

Ons sou graag elkeen se naam hier wou noem, maar dit is nie moontlik nie.

Julle het ’n baie moeilike ervaring vir ons gesin en familie makliker gemaak – dankie daarvoor.

Baie dankie ook vir elke oproep en boodskap – julle is ware vriende.
— Etienne, Dolla en Rhelda Louw

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.