The Fold Opedag

VAALWATER — The Fold Kinderhuis, geleë tussen Vaalwater en Lephalale, hou hulle jaarlikse opedag op Saterdag 10 September.
Die kinderhuis huisves tans 24 kinders wat in drie huise van agt elk opgedeel is. Die huise is reeds ses jaar terug deur Paul en Mickey Prins begin en word tans bestuur deur Retha en Phillip du Plessis.
“Die doel van die opedag is vir bekendstelling en blootstelling aan die publiek. Enigiemand is dus welkom om die kinderhuis Saterdag 10 September te besoek tussen 10:00 en 15:00” sê Retha.
Retha sê verder dat hulle graag wil hê potensiële borge moet na hulle nuwe groentetuin, hoenderhok en huise gaan kyk om te sien wat hulle reeds gedoen het. Sy het haar hoop uitgespreek dat dit moontlik sal lei tot toekomstige donasies.
Die kinders in die huis is vanuit die omgewing. Sommige van hulle het nie ouers nie en is dus wees en ander is kinders wat kom uit baie moeilike huislike omstandighede en wat gevolglik nie by hulle ouers kan woon nie. Skakel Retha by 083 660 7301 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.