Toets vir kanker

LEPHALALE — KANSA Lephalale doen vroeë kankeropsporingstoetse by Koedoe-apteek op 7 en 8 Februarie 2017.
‘n Baie gespesialiseerde kamera en rekenaar word gebruik om melanosiete selle op te spoor wat velkanker kan aandui.
Die koste hiervoor is R100 per persoon vir die ondersoek van een tot drie moesies.
Borsondersoeke om borskanker op te spoor asook ‘n papsmeer om servikale kanker op te spoor kos R180 elk per persoon.
Skakel Marika van Zyl by 082 824 6286 om ‘n afspraak te maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.