Topgenetika by Karstens-veiling

Karstens-boerbokke, dorpers en skilder-persies tesame met wit dorpers van Chafra is aangebied tydens hul jaarlikse veiling op 9 April in Pretoria. Die veiling is aangebied deur Wholesome Afslaers met Corné du Plessis as afslaer.
Willem Steenkamp en Francois Theron en hul span het al die pad van Kanoneiland, Upington, hul diere aangery Pretoria toe.
Annelie Jonker (Chafra) is ’n teler van Pretoria en het wit dorpers as gasverkoper aangebied.
Topgenetika is met trots opgeveil.
Die duurste boerbokram is verkoop aan mnr. Jan van Jaarsveld van Pretoria vir R16 500.
Die duurste boerbokooi is verkoop teen R18 000 aan Stephan Botes van Namibië.
Karstens Boerdery, Chafra en Wholesome afslaers wil almal bedank vir hul ondersteuning en hul bydrae om die veiling ‘n sukses te maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.