Trollie-gees vir KANSA

Leoni Kruger
LEPHALALE — KANSA Lephalale het Maandag 22 Maart vanaf 14:00 ‘n “trollie-wedren” by Lephalale Square gehou as fondsinsameling vir KANSA. Deelnemers kon spanne van vier inskryf teen R200 per span.
‘n Eerste en tweede prys was op die spel vir die bes versierde trollies en die beste spangees.
Volgens Nancy van Staden, KANSA Lephalale se gemeenskapsmobiliseerder, het daar op die einde net drie spanne ingeskryf, want een span het gekanselleer.
Die span van PNA het die prys ontvang vir die bes versierde trollie, die Pirates het ‘n prys ontvang vir die vinnigste rondtes en die Hello Kitty-span het die prys ontvang vir hulle ywer en goeie spangees.
Nancy bedank almal wat ruim bygedra het tot die geleentheid asook ‘n spesiale dankie aan PNA wat hulle wengeld aan KANSA gegee het.
Sowat R800 is tydens die geleentheid ingesamel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.