Trollies op patrollie

Leoni Kruger
LEPHALALE — Mogol Pos het in die uitgawe van 27 Januarie ‘n artikel geplaas rakende die misbruik van winkeltrollies en wat dit kos om dit te vervang.
Die bestuur van supermarkte het bevestig dat dit ‘n probleem is dat die koste van een trollie varieer tussen R1 200 en R2 000, afhangende daarvan of dit plastiek of staal is.
Dit is ook bevestig dat elke supermark of kettingwinkel wat van trollies gebruik maak, spesifieke maatskappye aanstel om verlore trollies op ‘n gereelde basis te gaan soek, oplaai en dit dan te was voor hergebruik.
Intussen het lesers gereageer op Mogol Pos se berig en die algemene gevoel was dat die trollies nie gewas word nie en ook nie noodwendig herstel word voordat dit weer in die winkel teruggeplaas word vir gebruik deur die klante nie.
‘n Leser wat blykbaar reeds verkeie kere met sentrumbestuurders oor dié aangeleentheid gepraat het en wat beweer dat hy selde of ooit ‘n trollie kry wat nie smerig vuil is nie, het foto’s aan die koerant verskaf. Dié foto bo is ‘n goeie aanduiding waarvoor winkeltrollies nog alles gebruik word, behalwe om jou kosaankope in te vervoer.
Kommerwekkend.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.