Twee jong pa’s dood

Leoni Kruger
Die 33-jarige Albert van Deventer is Sondag 16 Julie in die vroeë oggendure op slag dood toe hy in ‘n kop-aan-kop-botsing met ‘n trok betrokke was.
Van Deventer het met ‘n Ford Ranger bakkie gery.
Volgens die polisie was Van Deventer op die R518 op pad in die rigting Marken en die trok was vanaf rigting Marken op pad na Lephalale toe die voorval
in die omgewing van Shongoane 1 plaasgevind het.
Die bestuurder van die trok is nie ernstig beseer nie.
Albert laat sy ma, Ina, sy pa, Gawie, sy vrou, Dandelene en twee seuns agter.
‘n Gedenkdiens vir Albert word Vrydag 21 Julie om 09:00 by die Hervormde Kerk Ebenhaeser gehou.


FC Vorster is Sondag vroegoggend, ‘n week voor sy 32ste verjaarsdag, dood in sy voertuig aangetref op die R510 omtrent halfpad tussen Thabazimbi en Brits. Hy was vanaf Pretoria op pad na Lephalale.
Volgens sy ma, Daleen, het hulle omstreeks 06:00 ‘n oproep ontvang dat sy voertuig langs die pad staan en dat hy steeds binne die voertuig is. FC het vermoedelik om ‘n skerp draai in die pad beheer oor sy voertuig verloor en van die pad af gery. Daar was geen ander voertuig in die voorval betrokke nie.
FC laat sy ma, Daleen, sy pa, Tinus en sy kinders, ‘n dogter en seun agter.
FC se begrafnisdiens word Vrydag 21 Julie vanuit die Gereformeerde Kerk Magol gehou. Ds Hendrik de Beer sal die diens waarneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.