
LEPHALALE – Die afgelope Saterdag, 6 Mei, kon feesganders aan al die gewone heerlikhede op NG Kerk Albertyn-gemeente se basaarspyskaart weglê.
Verder het speletjies, ‘n springkasteel, naaldwerk- en speelgoedtafels die dag ingekleur. Die kuiergees was opmerklik en gaste is vermaak met revue-optredes deur die leerders van Laerskool Ellisras. Soos altyd het die Albertyners hul uitmuntend van hul taak gekwyt en gesorg vir ‘n feestelike dag vir die hele gemeenskap.