Valentynopskop!

Ruan Louw en Beulah Prinsloo is as Meneer en Mejuffrou Valentyn aangewys

LEPHALALE – Die leerders van Hoërskool Ellisras het Donderdagaand 16 Februarie hulle Valentynsdag met ‘n jolige opskop gevier.
Die leerders was soos modelle geklee en het soos professionele dansers oor die dansbaan gegly. Die hele leerdersraad (natuurlik met die hulp en raad van hulle ma’s) was verantwoordelik vir die reëlings van dié aand vir die liefde.
Die sukses van die geleentheid kan toegeskryf word aan die kinders se energie en lewenslus. Daar was geen reël dat jy ‘n metgesel moes hê nie – leerders het sommer in ‘n kring gedans en ook net daar gekuier.
Die heerlike lasagne en droom-poedingtafel het ‘n suksesvolle aand perfek afgerond.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.