Van Deventers bly dalk in die sop

Leoni Kruger
Die berugte Van Deventer-broers word vermoedelik ook verbind met misdrywe in die Witpoort en Swartwater-areas, sê adjudant-offisier Jurg van Heerden van die Limpopo renoster taakspan.
Volgens inligting is daar op 4 Januarie twee dooie renosters op ‘n wildplaas in die Beska-omgewing ontdek. Tydens die ondersoek het dit geblyk dat hulle op daardie stadium reeds twee dae dood was.
Spore is opgevolg en dit het daarop gedui dat drie verdagtes in ‘n grondpad aangrensend aan die plaas deur ‘n voertuig opgelaai is.
Voertuigspore en bewysstukke van die vuurwapen wat gebruik is het veroorsaak dat die ondersoekbeamptes nie die moontlikheid kan uitsluit dat die renosterhorings wat by die Van Deventer-broers gevind is toe hulle op 6 Januarie in Makhado aangekeer is, afkomstig is van die renosters wat dood gevind is op die plaas in die Beska-omgewing nie.
Volgens ao Van Heerden sal DNS – en ballistiese toetse wat teen druktyd nog nie klaar was nie, wel bevestig wat die geval was.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.