LEPHALALE — Lede van die Bosveld-blommeklub het ʼn blommeuitstalling by die Hervormde kerk Onverwacht gehou met die oog op Paasnaweek.

Daar was 14 massa-ontwerpe wat die geboorte van Jesus tot en met die wederkoms deur middel van blomme uitgebeeld het.
Volgens die lede was dit ʼn reusesukses en almal wat dit gesien het was vol lof vir die kunswerke.