Vat hande vir ons jeug

Bravo-werkers en -ondersteuners by een van Bravo se fondsinsamelingsgeleenthede

LEPHALALE — Bid Regtig Altyd Vir Ons!
Dít was die uitroep van die jeug in 2005 waar Bravo (Bid Regtig Altyd Vir Ons) ontstaan het. Maar vandag, in 2019, is gebed selfs méér nodig.

Bravo het Dinsdag 17 September hulle Algemene Jaarvergadering by die Hoërskool Ellisras se lapa gehou waar sleutelrolspelers saamgespan en insette gegee het oor kwessies rakende die jeug wat dringend aangespreek moet word.

Die onbeheerde gebruik van tegnologie en onbetrokkenheid en beperkte kennis van ouers is as kritiese faktore geïdentifiseer wat aandag moet kry.

Dit is duidelik gestel dat Bravo, skole en gemeenskapslede hande sal moet vat sodat hierdie sake die nodige aandag geniet.

“Baie dankie vir elkeen se inset en elke betrokkene se belangstelling. Ons sal deur middel van die media terugvoer gee oor lopende projekte. Bly asb bid vir ons jeug,” sê Esmie van Greunen van Bravo.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.