Veeverdagtes in hof

LEPHALALE — Drie verdagtes, Davis Kobo (30), Nicolas Mahlaba (28) en Peter Johan Paulos (25), is gearresteer nadat hulle vier skaapramme ter waarde van R7 000 by die eienaar van die plaas Speculatie gesteel het.

Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale klusterwoordvoerder, het die ondersoekbeampte van die saak, Sersant Tshutle Maledi van die Veediefstaleen-heid, inligting ontvang dat die gesteelde ramme na Letlora Village geneem is. Die ramme was na bewering binne in een van die slaapkamers in Kobo se huis gehou.

Maledi is na die huis waarna hy verwys is en het inderdaad die ramme in ʼn kamer in die huis gevind en die verdagtes is gearresteer.

Volgens ao Mokoena het hulle Maandag 1 April in die Landdroshof in Lephalale verskyn, maar teen druktyd kon die uitslag van die hofverskyning nie bevestig word nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.