Veldfokuswenners!

Die Veldfokuswedren-wenners by die Veldskoenfees by Molalatau Lodge, is Saterdagmiddag 1 Junie aangekondig.

Hulle is Zani van Rooyen in die eerste plek en sy wen kampgereedskap by Bosveld 4×4. Wessel Pretorius het in die tweede plek geëindig en hy wen ʼn wegbreeknaweek en wildrit vir twee by Bateleur Lodge.  

Bianca Coetzer wen die derde plek en ʼn fotosessie by HS Photography. In die vierde plek was Coert van Ryneveld en hy wen ʼn R800-koopbewys van Autozone en Theo en Salomie Potgieter is die wenners van die gelukkig trekking, naamlik twee nagte by Zebra Gastehuis.

Die Veldfokuswedren is aangebied deur Hardekool Akademie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.