




LEPHALALE — Die nuutste inskrywings vir Mej Veldskoen en Veldskoenknapie is ontvang.
Die Veldskoenlelie-, Veldskoenknapie en Mnr en Mej Veldskoen sal tydens die Veldskoenfees aangewys word.
Skakel Belinda Maherry by 072 349 7347 vir ʼn inskrywingsvorm vir Mnr en Mej Veldskoen of jou seun of dogter vir die Veldskoenlelie of –knapie.
Die fees vind plaas by Molalatau Lodge op 31 Mei en 1 Junie, 8 km uit die dorp op die Thabazimbipad.
Opskud en stuur jou inskrywing sommer vandag nog.