Verdagte steeds soek

Teen druktyd was die polisie in Limpopo steeds op soek na ’n man, wat deur hulle geïdentifiseer is as ’n burger van Bangladesj. Hy word gesoek in verband met die moorde op Chantelle (20) en haar baba, Tasneem Ash.

Chantelle en Tasneem se liggame is Donderdag 14 Januarie in ’n kamer by die Maponya Lodge op die R518 tussen Mokopane en Marken gevind. Alles dui daarop dat hulle verwurg is.

Enigiemand met enige inligting oor die man word versoek om luitenant-kolonel Richard Boshomane te skakel by 079 894 5501 of die Stop Misdaadnommer 086 001 0111 of die naaste polisiestasie.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.