Verfraaiing by Lephalale Crossing

rothea-en-koot-img_4917

LEPHALALE — Rothea Nel van Protea Garden Designs en Koot Human van Bohale Ntsu Konstruksie is genader om die sypaadjies, ens. by die opgegradeerde Lephalale Crossing te verfraai met plante, blombeddings asook plaveisel.
Rothea en Koot sê dat dit ‘n groot uitdaging en ‘n leerskool was. Die voorbereiding van die beddings asook die besproeiing het ongeveer twee weke geneem om te voltooi waarna met die verfraaiing begin kon word.
Volgens Rothea en Koot het hulle altesaam 3 500+ plante geplant. Die hitte was ‘n geweldige groot faktor, maar hulle sê daar sal binne die volgende maand of twee ‘n groot verskil gesien kan word.
Menige inwoner is baie ingenome met die projek en verbygangers het hul waardering teenoor Rothea en Koot uitgespreek vir die mooimaak van die dorp.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.