Vergiftiging van diere neem toe

LEPHALALE — Die gemeenskap word gewaarsku dat die vergiftiging van honde die laaste tyd baie toegeneem het.

Volgens Thys Eloff, voorsitter van die Lephalale Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF), was daar vanaf die begin van Januarie verskeie voorvalle waar inwoners in veral Onverwacht se honde vergiftig is waarna daar ingebreek is.

Dinsdagoggend 15 Januarie was die laaste voorval waar honde in Peter Mokabastraat (ou Kameeldoring) vergiftig is.

Volgens ʼn woordvoerder van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was dié gif “klein swart korreltjies” wat in die honde se kos weggesteek was.

Die veearts het aanbeveel dat indien vergiftiging van diere vermoed word, kan sterk seepwater aangemaak word en dadelik vir die dier ingegee word om braking aan te help om die gif uit die maag te kry.

Inwoners wat reeds diere verloor het of diere het wat behandel is as gevolg van vergiftiging, word versoek om die datum, tyd besonderhede van vergiftiging te stuur aan Thys Eloff, voorsitter van die GPF by 082 588 8305.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.