Vermoor vir handsak

Leoni Kruger
LEEUPOORT — Daniel Killian-Jacobs is Vrydag 3 Februarie in die vroeë oggendure in die Leeupoort-vakansiedorp in die Rooibergdistrik doodgeskiet.
Volgens ‘n lid van die Heritage Protection Group (HPG), ‘n privaat spesialisondersoekeenheid, het drie verdagtes ‘n venster van Emmarentia en Daniel se huis met ‘n baksteen gebreek en so toegang tot die huis gekry.
Twee skote is geskiet met ‘n 9 mm pistool en die 62-jarige Daniel is doodgeskiet, maar Emmarentia (61) het in die badkamer weggekruip en met haar selfoon hulp ontbied.
‘n Handsak is gesteel.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.