Victor verloor stryd 5 Januarie 1964 – 27 Oktober 2020 Victor Breetzke

“Victor het kankergewasse op sy brein gehad. Hy is op 28 Julie vanjaar geopereer om van die gewasse te verwyder,” sê Linda Rocher, ’n familievriendin.

Met sy laaste MR-skandering is vasgestel dat die kanker vinnig versprei het na verskeie organe.

Sy spraakvermoë en liggaams-funksies was aangetas en hy was baie swak.

KANSA het die afgelope naweek vir hom ʼn hospitaalbed geleen omdat hy nie meer kon sit nie en sy huisdokter, dr Von Hagen, het voorgestel dat die familie hom gemaklik hou en pynmedikasie gee.

Hy het die dae voor sy dood glad nie meer gereageer nie.

Sy gesin het hom 24 uur per dag versorg. Brenda bedank al haar kinders, kleinkinders, familie en vriende, sowel as die gemeenskap van Ellisras, vir hulle ondersteuning en bydraes die afgelope ses maande.

ʼn Gedenkdiens vir Victor word Saterdag 31 Oktober 2020 om 09:30 gehou by die Gereformeerde Kerk Magol op die hoek van George Avgos- en Rupertstraat.

Almal wat die diens gaan bywoon word herinner om maskers te dra en die COVID-19-regulasies na te kom.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.