Vier Geloftedag hiér

LEPHALALE — Geloftedagvieringe in Lephalale en omgewing word Vrydag 16 Desember op verskeie plekke gehou.

ELLISRAS GELOFTEFEES:
Boereverenigingsaal by veilingskrale op Markenpad.
10:00 – Geloftediens deur dr Malan Storm.
Feesrede deur Ignatius Erasmus.
‘n Koue ete sal na afloop van die vieringe voorgesit word.
Navrae aan Agnes Olivier by 078 016 6433.
SARAHBELL GELOFTEFEES
Vanaf 09:00 by SarahBell Feesterrein.
Padaanwysings: Ry met R518 (Markenpad) tot by die tafelkoppe. Draai links en ry vir 23 km. Regs op Sarahbellpad vir 19 km. Feesterrein aan die regterkant. Vanaf Kudu kontantwinkel is dit 26 km op die Beautypad. S 23 21 51 43 E 28 00 47 58
Geloftediens deur ds Bernard Prinsloo. Daarna vlaghysing en samesang.
Feesrede om 11:00 deur Paul Kruger waarna almal saam kan eet.
Navrae aan Kobus van der Merwe 084 515 7162.
STEENBOKPAN GELOFTEFEES
Vanaf 10:00 by die Steenbokpan Boereverenigingsaal (Steenbokpanpad draai wes by 4-stop vir 2 km, bord aan linkerkant).
Geloftediens en feesrede deur ds Lourens Taljaard waarna almal saam kan eet. Neem eie eetgerei en drinkgoed, kos word voorsien.
Navrae aan Chris en Ilse Erasmus by 073 212 7505 of 079 585 8682.
MATJIESFONTEIN GELOFTEFEES
Vanaf 09:00 by die Canterbury Feesterrein (vanaf Steenbokpan ry noord tot by T, draai links op die Thabazimbipad vir 15 km).
Geloftediens deur ds Hennie van der Linde en feesrede deur Willem Frost.
‘n Skaapbraai word gehou en almal kan na die tyd saam eet. Neem eie stoele, eetgerei en drinkgoed saam.
Navrae aan Pieter Lamprecht by 082 372 0598.
WEIDHOEK GELOFTEFEES
Geloftediens vanaf 09:00 by Weidhoek Feesterrein. (Vanaf Lephalale 40 km op die ou Vaalwaterpad, draai regs op die Steenbokpangrondpad vir 11 km).
Elke gesin neem ‘n bordjie eetgoed en eie drinkgoed saam.
Navrae aan Jan Kleynhans by 078 638 2576.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.