Vlakvark met suikertand

Vlakvark

Leoni Kruger
LEPHALALE — Peet Engelbrecht sê hulle was Woensdag in ‘n vergadering by Exxaro toe hulle “klik-klak” geluide in die gang hoor. Die volgende oomblik stap ‘n vlakvark ewe rustig in, reguit kombuis toe.
In die kombuis breek hy vir hom ‘n sak suiker oop, sak op sy knieë neer en vreet die suiker van die grond af. Lina moes glo daarna omtrent skrop om die taai gemors van die vloer af te kry. En die vark?
Die vergaderinggangers moes hom met broodjies buitentoe lok. Hy was niks lus om uit te gaan nie. Waar anders as in die Bosveld sal ‘n vlakvark by kantore instap vir ‘n soetigheidjie?

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.