Vliegveld nie brandveilig

LEPHALALE – “Die vliegveld in Lephalale behoort aan die Departement van Openbare Werke en mense wat vliegtuigloodse (hangers) daar het, sal versoek word om dit te verwyder,” is gesê by die vergadering van die Landelike Veiligheidsforum (LVF), gehou op Donderdag 23 Mei.

Dié kwessie van wie mag van en na die vliegveld vlieg hang lankal in die lug (no pun intended) en die realiteit is dat dié vliegveld eintlik nie gebruik mag word nie.

Volgens Nic du Toit, voorsitter van die Brandbestrydingsverening (BBV) is daar geen randbeskerming langs die vliegveld nie en sou daar ʼn brand uitbreek gaan dit ʼn krisis wees. Daar is ook geen watertoevoer nie en dit is een van die redes waarom die mense gevra is om hulle vliegtuigloodse te verwyder.

Sover vasgestel kon word gebruik Eskom die vliegveld van tyd tot tyd.

Douw Pelser, voorsitter van onder andere die landelike veiligheidsforum sowel as Agri, het tydens die LVF se vergadering gesê daar is ʼn vliegtuig aan Limpopo toegeken spesifiek vir hulp met veldbrande, maar waar gaan die vliegtuig land?

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.