VLU Baltimore

Naomi Groenewald, Toetie Wagner, Marlane Brits, Chantell van der Walt, Candice du Plessis, Rina van Staden en Esme du Plessis van VLU Baltimore saam met van die senior burgers wat die geleentheid bygewoon het

BALTIMORE — Die lede van VLU Baltimore het die senior burgers van die Koedoesrandomgewing onlangs bederf met ʼn heerlike langtafelpiekniek.
Die seniors het heerlik gekuier, geëet en stories uitgeruil.
Die bestuur van VLU Baltimore bedank al die borge wat dié besondere dag moontlik gemaak het asook die lede van die tak – “sonder die harde werk van die lede sou niks moontlik wees nie”.

Leave a Reply