VLU Bosveldstreek sluit af

Maritsa Jacobs (streekskakelbeampte), Riana Oosthuizen (streeksekretaresse), Ria Strydom (streekvoorsitter), Leanda Le Cornu (presidente VLU Noord), Erica Welgemoed (streektesourier), Ilana Venter (streekvisie- Tambotiekring)

VLU Bosveldstreek se laaste streeksvergadering vir 2017 is op 16 November gehou en lede is vereer met die teenwoordigheid van Leanda Le Cornu en Tharina Rossel, onderskeidelik presidente van VLU Noord en die SAVLU.
2017 se jaarbeplanning is afgesluit en daar is voorlopige planne gemaak vir 2018, waar onder die SAVLU 2018-kongres in Namibië.
VLU Bosveldstreek wens almal ʼn geseënde Feestyd toe.

Leave a Reply