VLU Bosveldstreekkonferensie

Susan Steynberg, Sophia Coetzee, Nadine Goddard (voorsitster) en Wilma van der Merwe (beoordelaarsameroepster) en agter staan Popsie Fletcher, Zona Visser (skakelbeampte), Stompie Vermeulen en Carlien Vosloo (medevoorsitter). Hierdie foto is gedurende hul Februarie vergadering geneem
Susan Steynberg, Sophia Coetzee, Nadine Goddard (voorsitster) en Wilma van der Merwe (beoordelaarsameroepster) en agter staan Popsie Fletcher, Zona Visser (skakelbeampte), Stompie Vermeulen en Carlien Vosloo (medevoorsitter). Hierdie foto is gedurende hul Februarie vergadering geneem

VAALWATER — “Dit is vir VLU Vaalwater ʼn spesiale voorreg om die jaar as gasvrouens die Bosveldstreek se 21ste Konferensie aan te bied en dit beloof om ʼn spoggeleentheid te wees en word daar sowat tussen 100 – 120 lede en gaste verwag wat die dag sal bywoon. Hulle susterstak VLU Ellisras word ook bedank vir hulle bystand tot die geleentheid,” het Zona Visser, skakelbeampte van die VLU op Vaalwater gesê.
Vaalwatertak het reeds vroeg in 2015 begin met die beplanning en nodige reëlings om ʼn suksesvolle Konferensie aan te bied veral omdat die organisasie aangewese is op borgskappe en donasies van lede van die publiek. Daarom is hulle baie dankbaar teenoor die gemeenskap en instansies van Vaalwater, wat ʼn baie klein gemeenskap is en wat so goed bygedra het om die geleentheid moontlik te maak.
“Aangesien dit die 21ste Konferensie is, het ons dit goedgedink om ʼn plaaslike inwoner van Vaalwater, Cordier de Beer van Corrazerwas te nooi na ons Konferensie as gas- kunstenaar. Die dag beloof om ekstra spesiaal te wees vir die lede en gaste sodat die viering daarvan vir altyd as ʼn spesiale dag onthou word. Verder is die doel van die konferensie om die streek se vrouens te motiveer en te inspireer,” vertel Visser.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.