VLU Ellisras bymekaar

V.l.n.r.: Marina van Rooyen, Ria Thuynsma, Marika van Zyl en Martie van den Berg

LEPHALALE — Die lede van die VLU Ellisras het hulle eerste vergadering vir 2019 afgeskop met die viering van Annatjie Nel se tagtigste verjaarsdag.

Annatjie, ʼn positiewe vrou met ʼn passie vir skilder is reeds 12 jaar ʼn lid van die Ellisras-tak.

Sy was ʼn tyd gelede in ʼn baie ernstige motorongeluk waar sy verskeie beenbreuke en beserings opgedoen en van voor af moes leer om te loop. Die lede wens haar seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Die nuwe bestuur is ook tydens die vergadering gekies. Hulle is Martie van den Berg (takvoorsitter en tesourier), Ria Thuynsma (beoordelaarsameroepster), Marika van Zyl (takskakel) en Marina van Rooyen (sekretaresse).

Die volgende vergadering word beplan vir Donderdag 21 Februarie 2019. Alle vroue wat belangstel daarin om kreatief te wees word uitgenooi om dié vergadering by te woon.

Skakel Marika van Zyl by 082 824 6286 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.