VLU Ellisras leer verskeidenheid

Ansie Prinsloo, Charlene van Eeden (voorsitter) Martie van der Berg (tesouriere) van VLU Ellisras

LEPHALALE — Die dames van VLU Ellisras het Donderdag 22 Junie baie geleer tydens hul vergadering. Ina Kock het ‘n inligtingsessie aangebied oor die versorging van Alzheimer-pasiënte en die kreatiewe Ansie Prinsloo het ‘n hekeldemonstrasie gehou.
Sy het terselfdertyd gewys hoe om die VLU se hekelartikel vir vanjaar reg te doen en te voltooi. Die dames sê hulle is nou baie meer positief om die hekelartikel te voltooi en in te handig vir beoordeling.
VLU Ellisras se volgende vergadering is Donderdag 20 Julie vanaf 08:30 vir 09:00.
Die kompetisie-artikel vir beoordeling is die gebreide kussingoortreksel.
Skakel Marika van Zyl by 082 824 6286 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.