Agter v.l.n.r.: Annalize Maritz, Erika Bronkhorst (voorsitter), Johanna van der Merwe, Ria Thuynsma (beoordelaarsameroeper) Martie van den Berg (tesouriere), Delmarie van Zyl, Hannelie de Beer. Voor: Linetha Fourie, Annatjie Nel en Marieta Eckard (Marika van Zyl, takskakel, het die foto geneem)
LEPHALALE — Marieta Eckard het die lede van die VLU Ellisras tydens hulle Februarie-vergadering op ’n reis na gister met ’n uitstalling van items van toeka se tyd.
Die lede kon weer sien hoe lyk ’n ou koffiemeul en ’n juk wat gebruik was om osse in te span. Die mooiste porseleinbreekgoed en messe met beenhewwe was ook deel van hulle reis na gister.
Die lede bedank Marieta vir haar moeite en die feit dat sy byeenkomste interessant maak.