VLU Ellisras verryk

LEPHALALE — Die lede van die VLU Ellisras sê hulle hou daarvan om nuwe dinge te leer en die VLU maak dit vir hulle moontlik.
Hulle doen verskillende projekte gedurende die jaar en dié projekte word beoordeel deur kundiges.
Die wenners van die projekte in verskeie kategorieë word tydens die jaarlikse VLU-Streekskonferensie aangekondig.
Die jaarlikse VLU-Noord-kongres is ook ʼn spoggerige geleentheid waarna almal baie uitsien.
Dit word oor twee dae gehou en behalwe vir die uitstekende sprekers, goeie kos en geselskap en die optrede van ʼn gaskunstenaar, word die Streekwenner aangewys.
Volgens Marika van Zyl, jarelange lid van die VLU Ellisras asook takskakel, is die ongelooflike vroue wat jy deur die VLU ontmoet en met wie jy hegte vriendskapsbande smee, baie kosbaar.
VLU Ellisras se volgende vergadering is Donderdag 15 Februarie vanaf 09:00 by die NG Kerk Albertyn-saal.
Skakel Marika by 082 824 6286 vir meer inligting oor VLU Ellisras se doen en late.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.