VLU Ellisras

Foto links: Ria Strydom, Martie van den Berg, Annelise Maritz en Marika van Zyl fluks aan die pannekoek bak

LEPHALALE — Die lede van VLU Ellisras het 40 liter pannekoekdeeg se pannekoeke gebak by ‘n onlangse plaaslike markdag. Marika van Zyl van Ellisras VLU sê vir hulle is dit elke keer ‘n geleentheid om mekaar te leer ken en terselfdertyd leer hulle baie.
Dié klomp avontuurlustige lede sê Annalize Marits en Mariska Ehlers is gasvroue by die volgende vergadering wat in die NG Kerk Albertyn se kerksaal gehou word.
Alle jong dames word hartlik uitgenooi om by die VLU ELlisras-tak aan te sluit. Hulle verkeer een keer per maand gesellig saam en leer elke keer iets nuut.
Die volgende items sal tydens die volgende vergadering beoordeel en bespreek word: preservering van lemoenlikeur, fotografie – sonsopkoms of sonsondergang en mense in aksie.
Aktuele sake sowel as gesondheid is nóg van die onderwerpe wat tydens die vergaderings bespreek word. “Kom geniet die oggend saam met ons en verryk jouself” word alle vroue uitgenooi.
Skakel Marika van Zyl by 082 824 6286 vir meer besonderhede oor Ellisras VLU se werksaamhede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.