VLU Ellisrastak kuier uiteindelik weer saam

18 Maart, 2021, het die Ellisrastak vir die eerste keer in ʼn jaar die voorreg gehad om by mekaar te kuier.

Dit was ʼn feestelike atmosfeer van opgewondenheid om mekaar weer in die oë te kyk, en met ʼn propvol program het die oggend afgeskop.

Marika van Zyl was gasvrou vir die oggend en het verduidelik hoe om ʼn effektiewe, maar smullekker piekniekmandjie te pak.

Later die oggend het Ria Thuynsma ʼn demonstrasie gedoen oor een van hierdie jaar se projekte; Joep Joep’s en Biscotti.

Johanna van der Merwe het vir die dames terugvoer gegee oor die beoordeling van die projekte wat tydens 2020 voltooi is. Sy het ook ‘n sertifikaat oorhandig aan Annelize Maritz.

Dit was ook ʼn besonderse voorreg om nuwe lede te verwelkom en twee ouer lede te bedank vir ʼn gesamentlike dertig jaar se betrokkenheid by die VLU. Ellisrastak verwelkom Hanneline Joubert en Miemie de Beer. ‘n 20-jaar-knopie was oorhandig aan Marika van Zyl en ‘n 10-jaar-knopie aan Miems Erasmus.

Die tak sien uit na hulle volgende kuier op 15 April 2021.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.