VLU gee 2 rolstoele — broodknippieprojek maak dit moontlik

LEPHALALE — Die VLU Bosveldstreek het Laerskool Ellisras Maandag 30 Julie besoek om twee rolstoele te oorhandig.

V.l.n.r.: Inge Zandberg (hoofdogter van Laerskool Ellisras), Annelize Uys, Ria Strydom, Divan Malan en Carel Lee (waarnemende hoof van Laerskool Ellisras)

Een van die rolstoele was oorhandig aan Annelize Uys vir haar pa, Danie Uys, wat motorneuronsiekte het. Die ander rolstoel is oorhandig aan Petra Ortner van die Beautytak wat dit vir die Piet Pot Ouetehuis in Mokopane gaan gee.

Laerskool Ellisras het in 2016 78 kg broodknippies aan Ria Strydom, voorsitter van die VLU Bosveldstreek oorhandig. Ria en lede van die VLU het die knippies geweeg en in pakke van een kilogram elk verpak. Die uiteinde van ʼn eintlik maklike opdrag, om broodknippies te versamel, het verseker dat die VLU aan twee mense rolstoele kon verskaf.

(Lees volgende week meer oor die VLU se broodknippie-projek – Red)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.