VLU gee vroue vlerke

Ria Strydom, Sonja Heroldt en Rosanne Swardt

LEPHALALE — Rosanne Swardt se naam is verlede Saterdag tydens die VLU Bosveldstreek se vroue-oggend getrek as die gelukkige wenner van ʼn wegbreeknaweek.
Dié trekking is vir Rosanne ekstra spesiaal aangesien sy haar drie kinders nege maande laas gesien het. Sy beskou hierdie wegbreeknaweek as ʼn geskenk van God en die perfekte geleentheid om tyd saam met haar kinders te spandeer en verlore tyd in te haal.
Die splinternuwe Markentak is as wenners aangewys nadat hulle tafels en hooftooisels van vere behoorlik uitgestaan het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.