VLU in die kol

LEPHALALE — Die lede van Ellisras en Bosveld VLU het Donderdag 6 April ‘n baie interessante vergadering gehad by die NG Kerk Albertyn. Ann Nel van Husqvarna het hulle toegespreek en riglyne en reëls verskaf oor die groot kussingkompetisie waaraan lede kan deelneem en hul slag kan wys met die optimale benutting van hul naaimasjiene. Volgens Marika van Zyl, van Ellisras VLU, was hulle verbaas om te sien watter pronkstukke opgetower kan word met ‘n naaimasjien.
Die groot prys op die spel is ‘n Husqvarna Viking Naaimasjien.
Die kompetisie-artikels (in die geval ‘n kussing) gaan na die VLU Noord-kongres en van daar af na die SAVLU-kongres, so dit is ‘n baie groot uitdaging en geleentheid vir al die lede.
Die vereiste vir die kompetisie is: “Create a beautiful, inspiring scatter cushion that would have pride or place in any home. Use this opportunity to show how you can get the most out of your sewing machine. Lose yourself in creative techniques, machine stitches and professional finishes”.
Die lede het die vergadering afgesluit deur vir Ann Nel en haar span dankie te sê vir die spesiale geleentheid waarna almal die voorbeeld-kussing bewonder het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.