VLU Skemer begin op hoë noot

LEPHALALE — Die VLU Skemertak het vanjaar op ‘n hoë noot afgeskop. Die tema, Kultuur, is behoorlik gevier met jong plaaslike talent – Floris Thirion met sang en elektriese kitaar en Elizma van Heerden met sang.
‘n Basiese, soms gevorderde en soms obskure kennis van die Afrikaanse kultuur is behoorlik getoets met ‘n kultuurvasvra. Kaaps-Maleise kultuur is gedemonstreer in die vorm van ‘roti’, ‘n tipe plat broodjie, wat almal baie geniet het.
Astrid Basson het lede ingelig oor hoe hulle vanjaar by die gemeenskap betrokke kan raak met die spesifieke fokus op primêre onderrig. “Die dames van die VLU het baie vaardighede wat gedeel kan en moet word,” het sy gesê.
Nuwe lede is verwelkom en Mia Janse van Rensburg is verras met ‘n babatee.
Die volgende vergadering word beplan vir 23 Februarie om 9:00.
Skakel Elana Greyling by 082 863 8696 of Tharina Rossel by 082 785 4828 vir navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.