Voorbladbul

voorbladbul

Leoni Kruger
LEPHALALE — Dis nie elke man se goue hartbeesbul wat op die voorblad van die Landbouweekblad pronk nie. Dié eer het Christiaan (Wessie) Wessels van Thakadu Game Breeders op die plase Newlands, Wolmunster en Rustenburg in die Stockpoort area te beurt geval in die uitgawe van 2 Desember vanjaar toe ‘n aksiefoto van sy “Maksimus” op die voorblad geplaas is.
Wessie sê die foto was deel van ‘n reeks bemarkingsfoto’s wat hy laat neem het. Intussen het die redaksie van Landbouweekblad by fotograwe navraag gedoen oor wildfoto’s. Maksimus se foto was toevallig onder die foto’s wat ingestuur is en toe Wessie sy oë uitvee toe is dié ‘n voorbladbul. Kompleet met goue hare wat in die wind wapper.
Volgens Wessie is Maksimus op die plaas self geteel uit sy eie kudde. Maksimus is nou drie jaar oud en spog met ‘n horinglengte van 28.5 duim. Maksimus het vanjaar vir die eerste keer hard gewerk. Hy het in Februarie vanjaar sy eie trop van 22 goue wildebeeskoeie en sewe split goue wildebeeskoeie gehad om in te baljaar. 31 meisies om presies te wees. En na die laaste goeie reën op die plaas is Maksimus se eerste kalwers gebore. Wie weet, dalk is een van hulle oor ‘n paar jaar ook voorbladmateriaal!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.