Vories vier verjaarsdag

Die Voortrekkers van die oord
Die Voortrekkers van die oord

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die Voortrekkers van die oord (Limpopo) het Vrydag 23 September vanaf 11:00 met die Fakkeltrap vir die 85ste verjaarsdag-herdenking van die Voortrekkerbeweging in Suid-Afrika begin.
Die Lephalale-voortrekkers het 11:00 met hulle fietse by die Lephalale Mall weggespring en tot by Bosveld Motors oorkant Pick n Pay gery waar hulle water kon drink. Hul fietse is hier opgelaai en hulle is per motor vervoer tot by Vaalwater waar Vaalwater se Voortrekkers met hulle fietse by hulle aangesluit het. Dié groep het gery tot by Mashudu Lodge waar hulle met voertuie tot in Nylstroom (Modimolle) geneem is en van waar Nylstoom se span weer by hulle aangesluit en almal saam (Limpopo se Voortrekkergroepe) deur Nylstroom gery het.
Die Vories het almal Vrydagaand in Nylstroom geslaap en fees gevier. Saterdagoggend om 06:30 het hulle weer met hul fietse in die pad geval op pad na die Voortrekkermonument in Pretoria waar die verjaarsdagvieringe om 12:00 begin het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.