Vroegoggend Bosveldverkeer

Mogol Pos se redakteur, Leoni Kruger, het vroeg Woensdagoggend 25 November ’n interessante rit dorp toe gehad. ’n Olifant, wat uitgebreek het uit Rhinoland Safaris, het doodluiters op die Beautypad geloop en aan die bome langs die pad gesmul. Sy sê Ollie was so rustig dat sy hom amper “misgekyk” het.

“Dis dae soos hierdie dat ek opnuut bewus is van watter voorreg dit is om in die diverse Bosveld te bly,” sê sy.

Skakel Rhinoland Safaris by 083 227 9542 en bespreek jou naweekwegbreek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.