Vrou “in toestand’ na padvoorval

Leoni Kruger
LEPHALALE — ‘n Vrou het Saterdagaand omstreeks 21:00 in ‘n histeriese toestand van skok by die Sasol-vulstasie gestop en om hulp gevra nadat drie mans blykbaar haar voertuig van die pad af probeer druk het.
Volgens a.o. Frans Mokoena, Lephalale polisiewoordvoerder, het sy en haar vriend agter mekaar gery in Nelson Mandelarylaan op pad na Onverwacht toe ‘n wit Volkswagen Polo haar voertuig van die pad probeer afdruk het. A.o. Mokoena sê hulle het ook haar voertuig se venster met ‘n klip uitgeslaan en daarna weggehardloop.
Die vrou was erg getraumatiseer en het by die Sasol-vulstasie gestop om tot bedaring te probeer kom. ‘n Weldoener het hulp gevra op Delta 1 (dienskamer) en die polisie is na die toneel gestuur.
A.o. Mokoena sê sy het nie Saterdagaand kans gesien om ‘n saak te maak nie, maar het wel Sondag ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging gemaak.
Konstabel Dimanjane is die ondersoekbeampte.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.